Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » losskeur
losskeur [boodskap #149544] Ma., 15 September 2025 18:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24070
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
losskeur
Afbreking: los•skeur
Samestelling: los + skeur


Werkwoord: skeur los, losskeur
Verlede tyd: het losgeskeur
Verlede deelwoord: losgeskeurde

Betekenis:
• Om met geweld (deur te skeur) los te maak of los te gaan.

Gebruik:
• Sy broek se nate skeur al los.
• Die wind het die sinkplate op die dak losgeskeur.

Sinoniem:
• afruk
• afskeur
• aftrek
• losruk
• lostrek
• uitskeur
• wegruk

Afgelei:
• losskeuring

Vertaling:
Engels: to tear off, sever
Nederlands: losscheuren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nageboorte
Volgende onderwerp: mg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 06 07:14:09 UTC 2025