Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Oudnederlands
Oudnederlands [boodskap #149542] Ma., 15 September 2025 07:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24241
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Oudnederlands
Afbreking: Oud•ne•der•lands
Samestelling: Oud + Nederlands
Uitspraak: /ˈəʊ̯tˌniə̯dərlɑnts/, /ˈəʊ̯tˌniə̯dərlɑns/


Selfstandige naamwoord: Oudnederlands
Meervoud:

Betekenis:
• Die ou Nederlandse taal van die vroeë Middeleeue (ongeveer 500 tot 1150 n.C.)

Gebruik:
Oudnederlands was die eerste gestaafde periode van Nederlands wat later tot Middelnederlands, en op sy beurt tot moderne Nederlands en Afrikaans, ontwikkel het.

Sinoniem:
• Oudwes-Nederfrankies

Vertaling:
Duits: Altniederländisch
Engels: Old Dutch, Old West Low Franconian
Nederlands: Oudnederlands, Oud-Westnederfrankisch


Byvoeglike naamwoord: Oudnederlands
Attributief: Oudnederlandse

Betekenis:
• Van of betreffende die Ou Nederlanders, of die Ou Nederlandse taal.

Gebruik:
• Dit lyk soos 'n Oudnederlandse woord.

Vertaling:
Duits: altniederländisch
Engels: Old Dutch
Nederlands: Oudnederlands

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hoekig
Volgende onderwerp: nageboorte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Jan. 03 03:31:42 UTC 2026