| Middelnederlands [boodskap #149525] |
So., 14 September 2025 09:47 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24277 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Middelnederlands
Afbreking: Mid•del•ne•der•lands
Samestelling: Middel + Nederlands
Uitspraak: /mədəɫˌniə̯dərlɑnts/, /ˈmədəɫˌniə̯dərlɑns/
Selfstandige naamwoord: Middelnederlands
Meervoud: –
Betekenis:
• Die Nederlandse taal van ongeveer 1200 tot 1500.
Gebruik:
• Middelnederlands was die opvolger van Oudnederlands en is die voorganger van moderne Nederlands.
Sinoniem
• Diets
Afkorting:
• Mnl.
Vertaling:
Engels: Middle Dutch
Nederlands: Middelnederlands, Diets, Duuts
Byvoeglike naamwoord: Middelnederlands
Attributief: Middelnederlandse
Betekenis:
• Van of betreffende die ou Nederlandse taal wat tussen 1200 en 1500 in die Nederlandse taalgebied gepraat is.
Gebruik:
• Dit is 'n ou Middelnederlandse woord.
Vertaling:
Engels: Middle Dutch
Nederlands: Middelnederlands, Diets, Duuts
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|