| polêr [boodskap #149508] |
Sa., 13 September 2025 11:56 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
polêr
Afbreking: po•lêr
Samestelling: pool + -êr
Byvoeglike naamwoord: polêr
Vergrotende trap: polêrder
Oortreffende trap: polêrste
Attributief: polêre
Partitief: polêrs
Betekenis:
• Wat pole het, of wat die pole betref.
• (chemie) Gekenmerk deur die teenwoordigheid van 'n elektriese dipool, omdat die ladingsverspreiding nie simmetries is nie.
Gebruik:
• Aardverwarming kan die polêre yskappe en gletsers laat smelt en kusgebiede oorstroom.
Antoniem:
• apolêr
• nie-polêr
Hiponiem:
• bipolêr
• homopolêr
• multipolêr
Verwant:
• polariseer
• polariteit
Vertaling:
Engels: polar
Nederlands: polair
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|