Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stapelvoedsel
stapelvoedsel [boodskap #149481] Do., 11 September 2025 12:27
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24112
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stapelvoedsel
Afbreking: sta•pel•voed•sel
Samestelling: stapel + voedsel


Selfstandige naamwoord: stapelvoedsel
Meervoud: stapelvoedsels

Betekenis:
• Die kos wat die meeste geëet word. Die voedsel wat die grootste deel van 'n bevolking se dieet uitmaak.

Gebruik:
• Rys is 'n stapelvoedsel in baie Oosterse lande.
• Die meeste stapelvoedsels is afkomstig van graan soos mielies, koring en rys, asook knolgewasse soos aartappels en patats.

Sinoniem:
• basisvoedsel
• hoofvoedsel
• stapelkos

Afgelei:
• stapelvoedselsoorte

Vertaling:
Engels: staple food, staple
Nederlands: basisvoedsel, hoofdvoedsel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gesind
Volgende onderwerp: knolgewas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 10 12:11:53 UTC 2025