Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dryfkrag
dryfkrag [boodskap #149463] Wo., 10 September 2025 06:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dryfkrag
Afbreking: dryf•krag
Samestelling: dryf + krag


Selfstandige naamwoord: dryfkrag
Meervoud: dryfkragte

Betekenis:
• Die krag wat nodig is om iets vorentoe te beweeg.
• Die krag en motivering wat iemand beweeg om iets te doen.
• Die krag wat nodig is om iets op water te laat dryf.

Gebruik:
• 'n Sleepwa is 'n voertuig sonder dryfkrag wat deur 'n ander voertuig getrek word.
• Sy is die dryfkrag agter die hele projek.
• Wanneer die afwaartse gravitasiekrag kleiner is as die opwaartse dryfkrag, sal die voorwerp dryf, anders sink dit.

Sinoniem:
• aandryfkrag
• daadkrag
• geesdrif
• lewenskrag
• motivering
• stukrag
• vitaliteit
• vurigheid
• werkverrigting
• woema

• dryfvermoë

Vertaling:
Engels: impulsive-force; motivation, driving force; buoyancy, floating power
Nederlands: drijfkracht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kunsstof
Volgende onderwerp: plakboek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 13 11:25:50 UTC 2025