| gietvorm [boodskap #149461] |
Di., 09 September 2025 13:19 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gietvorm
Afbreking: giet•vorm
Samestelling: giet + vorm
Selfstandige naamwoord: gietvorm
Meervoud: gietvorms
Verkleinwoord: gietvormpie
Meervoud van verkleining: gietvormpies
Betekenis:
• 'n Hol vorm (negatief) waarin iets gegiet word om te stol.
Gebruik:
• Sy smelt die sjokolade en gooi dit in die gietvorms om hartjies en sterretjies te maak.
Sinoniem:
• matriks
• matrys
• moedervorm
Hiponiem:
• blokgietvorm
• metaalgietvorm
Afgelei:
• gietvormmaker
Verwant:
• gietsel
Vertaling:
Engels: casting form, mould, matrix
Nederlands: gietvorm
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|