Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitspuit
uitspuit [boodskap #149460] Di., 09 September 2025 12:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitspuit
Afbreking: uit•spuit
Samestelling: uit + spuit


Werkwoord: spuit uit, uitspuit
Verlede tyd: het uitgespuit
Teenwoordige deelwoord: uitspuitend, uitspuitende
Verlede deelwoord: uitgespuite

Betekenis:
• Om 'n vloeistof of gas met krag na buite te verplaas.
• Om iets skoon te maak deur dit met 'n vloeistof te spuit.

Gebruik:
• Wys vir die loodgieter waar die water uitspuit. 'n Seekat spuit ink uit as dit bedreig voel.
• Die dokter het sy ore uitgespuit.

Sinoniem:
• skoonspuit
• uitspoel
• uitstroom
• uitwerp

Afgelei:
• uitspuiting

Vertaling:
Engels: to spray out, spout out, eject
Nederlands: uitspuiten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: keratien
Volgende onderwerp: gietvorm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 17 12:34:07 UTC 2025