Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verlamming
verlamming [boodskap #149458] Di., 09 September 2025 11:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verlamming
Afbreking: ver•lam•ming
Samestelling: verlam + -ing


Selfstandige naamwoord: verlamming
Meervoud: verlamminge, verlammings

Betekenis:
• Die onvermoë om jou ledemate te beweeg, dikwels weens siekte, verminking of skrik.
• (figuurlik) Die onvermoë om normaal te funksioneer.

Gebruik:
• Polio kan die verlamming van die bene en arms veroorsaak.
• Burgers moet waak teen die verlamming van die polisie en die regbank.

Sinoniem:
• lamheid
• mankheid
• paralise

Hiponiem:
• breinverlamming
• bosluisverlamming
• gelaatsverlamming
• gesigsverlamming
• hartverlamming
• kinderverlamming
• spierverlamming

Afgelei:
• verlammingsbosluis

Vertaling:
Engels: paralysis, lameness
Nederlands: verlamming

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: teendeel
Volgende onderwerp: keratien
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Des. 18 01:52:44 UTC 2025