| aanvoeling [boodskap #149436] |
Sa., 06 September 2025 18:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanvoeling
Afbreking: aan•voe•ling
Samestelling: aanvoel + -ing
Selfstandige naamwoord: aanvoeling
Meervoud: aanvoelinge, aanvoelings
Betekenis:
• Die vermoë om iets aan te voel of intuïtief waar te neem.
Gebruik:
• Vrouens se aanvoeling vir sulke dinge is dikwels beter as dié van ons mans.
Sinoniem:
• instink
• intuïsie
• waarneming
Afgelei:
• aanvoelingsvermoë
Vertaling:
Engels: sensing, touch
Nederlands: aanvoeling
Nota:
• Kolokasies: fyn/ ingebore/ instinktiewe/ natuurlike/ bonatuurlike aanvoeling.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|