| ru-olie [boodskap #149429] |
Sa., 06 September 2025 15:15 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ru-olie
Afbreking: ru•-o•lie
Samestelling: ru + olie
Selfstandige naamwoord: ru-olie
Meervoud: ru-olies
Betekenis:
• Onverwerkte olie soos dit in die natuur voorkom, wat in petroleum en ander produkte geraffineer word.
Gebruik:
• As gevolg van politieke onstabiliteit het die prys van ru-olie wêreldwyd gestyg.
Wisselvorm:
• ruolie
Sinoniem:
• aardolie
Afgelei:
• ru-olie-enjin
• ru-olieprys
• ru-olievoorsiening
Vertaling:
Engels: crude oil
Nederlands: ruwe olie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|