| riffel [boodskap #149423] |
Sa., 06 September 2025 13:48 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
riffel
Afbreking: rif•fel
Samestelling: rif + -el
Selfstandige naamwoord: riffel
Meervoud: riffels
Verkleinwoord: riffeltjie
Meervoud van verkleining: riffeltjies
Betekenis:
• 'n Klein rif, golf of ongelykheid in 'n oppervlak.
Gebruik:
• Hy staar na die riffels op die water.
• Die rand van die muntstuk het riffels sodat 'n mens dit makliker kan hanteer.
Hiponiem:
• golfriffel
• sandriffel
Afgelei:
• riffelferweel
• riffelkarton
• riffelpad
• riffelpapier
• riffelplaat
• riffelsink
• riffelsinkplaat
• riffelskaaf
• riffelstrook
• riffeltang
• riffelveer
• riffelvou
• riffelyster
• riffelwaster
Vertaling:
Engels: wrinkle, fold, ridge, crinkle
Nederlands: ribbel
Werkwoord: riffel
Verlede tyd: het geriffel
Teenwoordige deelwoord: riffelend, riffelende
Verlede deelwoord: geriffelde
Betekenis:
• Om golwe, voue of plooie te maak.
Gebruik:
• Die klip riffel die dam se waterspieël.
• Die wind het die woestynsand geriffel.
Afgelei:
• riffeling
Vertaling:
Engels: to ripple, wrinkle
Nederlands: ribbelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|