| kristallyn [boodskap #149405] |
Ma., 01 September 2025 15:26 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kristallyn
Afbreking: kri•stal•lyn
Samestelling: kristal + lyn
Byvoeglike naamwoord: kristallyn
Attributief: kristallyne
Partitief: kristallyns
Betekenis:
• Waarvan die inwendige struktuur oor en oor herhaal. Met 'n reëlmatige driedimensionele molekulêre struktuur.
Gebruik:
• Is die stof kristallyn of amorf?
• Onder 'n mikroskoop kan 'n mens die sout se kristallyne struktuur duidelik sien.
Sinoniem:
• kristalagtig
• kristalvormig
Antoniem:
• amorf
Hiponiem:
• deelkristallyn
• halfkristallyn
• hipokristallyn
• holokristallyn
• mikrokristallyn
• volkristallyn
Vertaling:
Engels: crystalline
Nederlands: kristallijn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|