| waghou [boodskap #149400] |
Ma., 01 September 2025 12:33 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24070 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
waghou
Afbreking: wag•hou
Samestelling: wag + hou
Werkwoord: hou wag, waghou
Verlede tyd: het waggehou
Betekenis:
• Om op die uitkyk te wees vir gevaar; iets of iemand op te pas; veilig te hou.
Gebruik:
• Wie se beurt is dit om volgende wag te hou?
• Die een moes waghou terwyl die ander slaap.
• Sy het waggehou terwyl die seuns in die rivier geswem het.
Sinoniem:
• beskerm
• bewaak
• oppas
• verdedig
• waak
Vertaling:
Engels: to keep watch, stand guard, keep cave
Nederlands: wacht houden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|