Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verbrou
verbrou [boodskap #149397] Ma., 01 September 2025 10:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24241
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verbrou
Afbreking: ver•brou
Samestelling: ver- + brou


Werkwoord: verbrou
Verlede tyd: het verbrou

Betekenis:
• Om iets op te mors of te verongeluk.

Gebruik:
• Jy sal moet regmaak wat jy verbrou het.
• Die rugbyspeler het in die doodsnikke 'n strafdoel verbrou.

Sinoniem:
• bederf
• befoeter
• droogmaak
• konfoes
• opdons
• opfoeter
• opneuk
• ruïneer
• verfomfaai
• verknoei
• verongeluk

Afgelei:
• verbrouing

Vertaling:
Engels: to mess up, spoil, botch, ruin
Nederlands: verknoeien, verprutsen


Byvoeglike naamwoord: verbrou
Attributief: verbroude

Betekenis:
• Wat geruïneer, opgemors of verongeluk is.

Gebruik:
• Dit was 'n wedstryd van verbroude kanse.

Vertaling:
Engels: botched, messed up
Nederlands: verknoeid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tweekleppig
Volgende onderwerp: tweekleppige
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 30 23:30:31 UTC 2025