| intrinsiek [boodskap #149378] |
So., 31 Augustus 2025 07:22 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
intrinsiek
Afbreking: in•trin•siek
Byvoeglike naamwoord: intrinsiek
Attributief: intrinsieke
Betekenis:
• Wat tot die wese of innerlike aard van iets behoort (en nie afhanklik is van eksterne invloede of faktore nie).
Gebruik:
• Hy is 'n oorlogsmisdadiger, tog dink ek nie dat hy intrinsiek 'n slegte mens is nie.
• Die intrinsieke waarde van die kunswerk kan nie in geld gemeet word nie.
Sinoniem:
• essensieel
• fundamenteel
• ingebore
• inherent
• innerlik
• inwendig
• wesenlik
Antoniem:
• ekstrinsiek
Vertaling:
Engels: intrinsic
Nederlands: intrinsiek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|