| seshoekig [boodskap #149375] |
Sa., 30 Augustus 2025 20:12 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
seshoekig
Afbreking: ses•hoe•kig
Samestelling: seshoek + -ig
Byvoeglike naamwoord: seshoekig
Attributief: seshoekige
Betekenis:
• Wat ses hoeke (en derhalwe ook ses kante) het.
Gebruik:
• Die figuur is seshoekig.
• Met heksagonale digpakking is die atome styf teen mekaar in 'n seshoekige struktuur gepak.
Sinoniem:
• heksagonaal
• seskantig
• sessydig
Vertaling:
Engels: hexagonal, sexangular
Nederlands: zeshoekig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|