| ionies [boodskap #149371] |
Sa., 30 Augustus 2025 19:27 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24103 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ionies
Afbreking: i•o•nies
Samestelling: ioon + -ies
Byvoeglike naamwoord: ionies
Attributief: ioniese
Betekenis:
• Met betrekking tot ione (elektries gelaaide deeltjies).
Gebruik:
• Natriumchloried (NaCl) is ionies omdat dit 'n verbinding is tussen natrium (Na+) en chloor (Cl-).
• 'n Ioniese verbinding is 'n chemiese binding tussen 'n positief gelaaide ioon (katioon) en 'n negatief gelaaide ioon (anioon).
Antoniem:
• kovalent
Hiponiem:
• interionies
• magneto-ionies
• termionies
Vertaling:
Engels: ionic
Nederlands: ionisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|