Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verdun
verdun [boodskap #149353] Sa., 30 Augustus 2025 10:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24085
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verdun
Afbreking: ver•dun
Samestelling: ver- + dun


Werkwoord: verdun
Verlede tyd: het verdun
Teenwoordige deelwoord: verdunnend, verdunnende
Verlede deelwoord: verdunde

Betekenis:
• Om dunner (minder gekonsentreerd) te word of te maak.

Gebruik:
• Sy verdun die sop met water.

Sinoniem:
• dekonsentreer
• verflou
• verwater

Antoniem:
• verdik

Afgelei:
• verdunmiddel
• verdunner
• verdunning

Vertaling:
Engels: to thin down, dilute
Nederlands: verdunnen


Byvoeglike naamwoord: verdun
Attributief: verdunde

Betekenis:
• Wat minder gekonsentreerd gemaak is.

Gebruik:
• Die roes kan met 'n verdunde suur verwyder word.

Sinoniem:
• verwaterd

Antoniem:
• onverdun

Vertaling:
Engels: thinned, diluted, watered-down
Nederlands: verdund

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gods
Volgende onderwerp: misvorming
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 06 23:15:12 UTC 2025