Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ultraviolet
ultraviolet [boodskap #149349] Sa., 30 Augustus 2025 09:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24085
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ultraviolet
Afbreking: ul•tra•vi•o•let
Samestelling: ultra- + violet


Selfstandige naamwoord: ultraviolet
Meervoud: ultraviolette

Betekenis:
• Elektromagnetiese strale wat korter is as die sigbare violet deel van die spektrum.

Gebruik:
• Hoewel ultraviolet nie deur die mens gesien kan word nie, kan sommige voëls en insekte dit waarneem.

Afgelei:
• ultravioletlig
• ultravioletstraal

Afkorting:
• UV

Vertaling:
Engels: ultraviolet
Nederlands: ultraviolet


Byvoeglike naamwoord: ultraviolet
Attributief: ultraviolet

Betekenis:
• Wat 'n golflengte tussen ongeveer 100 en 400 nm het.

Gebruik:
• Die osoonlaag beskerm die aarde teen die ultraviolet stale van die son.

Vertaling:
Engels: ultraviolet
Nederlands: ultraviolet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: infrarooi
Volgende onderwerp: radiogolf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 06 23:13:42 UTC 2025