Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » infrarooi
infrarooi [boodskap #149348] Sa., 30 Augustus 2025 08:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24100
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
infrarooi
Afbreking: in•fra•rooi
Samestelling: infra + rooi


Selfstandige naamwoord: infrarooi
Meervoud:

Betekenis:
• Elektromagnetiese strale met golflengtes langer as sigbare lig (aan die rooi end van die spektrum), maar korter as mikrogolwe.

Gebruik:
• Anders as mense, kan sommige dier ook infrarooi waarneem.

Afgelei:
• infrarooibestraling
• infrarooifilm
• infrarooifoto
• infrarooikamera
• infrarooilamp
• infrarooilig

Afkorting:
• IR

Vertaling:
Engels: infra‐red
Nederlands: infrarood


Byvoeglike naamwoord: infrarooi
Attributief: infrarooi

Betekenis:
• Met golflengtes tussen 780 nm en ongeveer 1 mm.

Gebruik:
Infrarooi strale word op die liggaam as hitte gevoel.

Vertaling:
Engels: infra‐red
Nederlands: infrarood

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gammastraal
Volgende onderwerp: ultraviolet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 08 06:14:01 UTC 2025