Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afskerm
afskerm [boodskap #149331] Do., 28 Augustus 2025 13:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afskerm
Afbreking: af•skerm
Samestelling: af + skerm


Werkwoord: skerm af, afskerm
Verlede tyd: het afgeskerm
Teenwoordige deelwoord: afskermend, afskermende
Verlede deelwoord: afgeskermde

Betekenis:
• Om met 'n skerm te omsluit.
• Om beskerm of versteek te hou.

Gebruik:
• Die hoë muur skerm die tuin teen die wind af.
• Die getraumatiseerde slagoffers moet van die publiek afgeskerm word.

Sinoniem:
• afkeer
• afsluit
• afsonder
• afweer
• bedek
• beskerm
• beskut
• kamoefleer
• omgewe
• omhein
• omhul
• omring
• omspan

Afgelei:
• afskerming

Vertaling:
Engels: to screen off, shield off, fence off
Nederlands: afschermen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opsysit
Volgende onderwerp: onthaalarea
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Des. 18 00:17:58 UTC 2025