| vashaak [boodskap #149329] |
Do., 28 Augustus 2025 12:08 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vashaak
Afbreking: vas•haak
Samestelling: vas + haak
Werkwoord: haak vas, vashaak
Verlede tyd: het vasgehaak
Betekenis:
• Om te haak sodat beweging of vooruitgang verhinder word.
• Om stewig aan iets anders vas te heg of vas te maak.
• (figuurlik) Om vas te brand, of êrens vas te steek.
Gebruik:
• Haar trui haak aan die draadheining vas.
• Hy het die sleepwa aan die bakkie vasgehaak.
• Raadpleeg jou handboek as jy vashaak. Hy het weer in die kroeg vasgehaak.
Sinoniem:
• aanhaak
• aaneenkoppel
• koppel
• vasheg
• vaskoppel
• vasmaak
• vassit
• vassteek
• vasval
Antoniem:
• loshaak
Afgelei:
• vashaakpaal
• vashaakplek
Vertaling:
Engels: to hook on, hook together
Nederlands: vasthaken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|