| vetsug [boodskap #149320] |
Di., 26 Augustus 2025 14:49 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24135 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vetsug
Afbreking: vet•sug
Samestelling: vet + sug
Selfstandige naamwoord: vetsug
Meervoud: –
Betekenis:
• Die oormatige opbouing van vet in die liggaam wat 'n mens se gesondheid nadelig beïnvloed.
Gebruik:
• Vetsug onder kinders neem wêreldwyd toe weens swak eetgewoontes en 'n gebrek aan fisieke aktiwiteit.
Sinoniem:
• gesetheid
• korpulensie
• obesiteit
• swaarlywigheid
• vetheid
Afgelei:
• vetsugtig
Vertaling:
Engels: obesity, adiposity, fatty degeneration
Nederlands: vetzucht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|