| kruik [boodskap #149309] |
Ma., 25 Augustus 2025 14:24 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24110 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kruik
Afbreking: kruik
Selfstandige naamwoord: kruik
Meervoud: kruike
Verkleinwoord: kruikie
Meervoud van verkleining: kruikies
Betekenis:
• 'n Houer, meestal van erdewerk, hoër is as wat dit breed is, met 'n dun nek en meestal net een oor.
Gebruik:
• Vat vir hom tien brode, koeke en 'n kruik vol heuning saam. [1 Konings 14:3]
Spreekwoord:
• Die weduwee se kruik. [Iets wat skynbaar onuitputlik is.]
• Die kruik gaan na die water tot dit breek. ['n Mens kan aanhou met iets gevaarliks, maar dinge gaan een of ander tyd verkeerd loop.]
Sinoniem:
• fles
• kan
• keramiekbak
• pot
• vaas
• vat
Hiponiem:
• askruik
• bedkruik
• bierkruik
• erdekruik
• jenewerkruik
• oliekruik
• tabakruik
• waterkruik
• wynkruik
Afgelei:
• kruikvormig
Vertaling:
Engels: jar, jug, pitcher
Nederlands: kruik
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|