Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kontraksie
kontraksie [boodskap #149272] Sa., 23 Augustus 2025 16:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24277
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kontraksie
Afbreking: kon•trak•sie


Selfstandige naamwoord: kontraksie
Meervoud: kontraksies

Betekenis:
• Die handeling van inkrimp of intrek.
• (medies) Die sametrekking van 'n orgaan of spier.
• (taalkunde) Die verkorting van 'n woord, of sametrekking van opeenvolgende woorde/klanke.

Gebruik:
• Die ekonomie is tans in 'n fase van kontraksie.
• 'n Uur nadat die kontraksies begin het, het die kalfie se neus verskyn.
• Die woord "ek's" is 'n informele kontraksie van "ek is".

Hiponiem:
• spierkontraksie

Sinoniem:
• inkrimping
• krimping
• saamtrekking
• sametrekking
• verkleining
• verkorting

Afgelei:
• kontraksievermoë

Vertaling:
Engels: contraction
Nederlands: contractie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sorghum
Volgende onderwerp: traliewerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Jan. 10 10:57:29 UTC 2026