Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » AAN DE ARNO'S
AAN DE ARNO'S [boodskap #14925] Di, 19 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
arno Vdh wrote:

> Beste nieuwsgroepers
>
> en ook ARTHUR????????
>
> kijk een aantal zitten hier met verschrikkelijke schuldgevoelens en
> veroordelen mij met graagte, zo ook ene arthur die mij arrogant noemt!!
> Wie heb ik veroordeeld????????????
> jullie, nee!
> Wat ik veroordeel is de onderlinge haat en het moorden van elkaar, blank of
> zwart!

Beste Arno,

As jy bedoel wat jy sê, oorweeg gerus die volgende:

Begin 'n veldtog in Nederland.Vra mense moet aan die Nederlandse media en
aan die Suid-Afrikaanse Ambassade in Den Haag skryf en eis dat Mandela ook
die gesinne moet besoek van die slagoffertjies van mutimoorde, soos hy die
gesin van Angelina besoek het.

Vra dat hy dit moet doen voor die volgende verkiesing.

En dat die ANC vir daardie slagoffers, soos vir Angelina, ook moet betaal
vir 'n begrafnis wat deur 5000 mense bygewoon word (onthou, in Afrika is dit
'n vereiste dat elke begrafnisganger 'n volledige maatlyd moet kry).

Ek is seker Gloudina in Kanada en "sizwe" in die VSA sal jou steun in jou
poging en soortgelyke veldtogte in hul onderskeie lande op tou sit (miskien
ook Galjoen in Australië).

Dit sal mos nou 'n goeie bewys wees dat jul reaksie op die dood van Angelina
nie rassisties gemotiveerd is nie, nie waar nie?

(Maar jy sal nie juis steun kry van die Nederlandse publiek nie, nie waar
nie? Nederland is "tolerant" - so selektief tolerant.)

Vriendelike groete, Leendert
Re: AAN DE ARNO'S [boodskap #14927 is 'n antwoord op boodskap #14925] Di, 19 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

> Ek is seker Gloudina in Kanada en "sizwe" in die VSA sal jou steun in jou
> poging en soortgelyke veldtogte in hul onderskeie lande op tou sit (miskien
> ook Galjoen in Australië).
>
> Dit sal mos nou 'n goeie bewys wees dat jul reaksie op die dood van Angelina
> nie rassisties gemotiveerd is nie, nie waar nie?

Leendert, jy sit en wurg aan jou eie
fabrikasies. Gaan terug en sien wat
ek oor die insident geskryf het. Ek
het gepraat oor die feit dat hierdie
onbesonne daad en dood nou ongelukkig
weer 'n ikoon geword het waaraan die
wereld sy wantroue in die goeie inbors
van die Afrikaner kan hang. Hou op om
intellektuele en emosionele masturbasie
te pleeg oor Mandela se bywoning van
'n begrafnis en mutimoorde. Wat probeer
jy daardeur bereik? Al wat jou woorde
skree is " ek haat mense." Soek die
antwoord vir die agonie in jou siel
op jou knie"e, nie in die gifpen in
jou hand nie.

Gloudina
Re: AAN DE ARNO'S [boodskap #14928 is 'n antwoord op boodskap #14925] Di, 19 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
arno  is tans af-lyn  arno
Boodskappe: 29
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Bedankt iedereen voor zijn of haar reacties.

Ik hoop dat het met iedereen goed gaat en ben weer iets wijzer geworden over
suid afrika en de bewoners.
Maar ik begrijp nog steeds niet waarom die agressie naar mij toe en wie weet
heb ik de 2e wereldoorlog wel meegemaakt dus veroordeel mij niet op een
lekker en veilig paradijs zoals nederland is volgens jullie.
Ja ik ben trots op mijn land en woon er graag, alleen het weer moet iets
beter worden.
En wens alle mensen op de wereld gelijke rechten en vrede toe en dat mensen
met elkaar kunnen samenleven

Trouwens de afrikaanse wijn is heerlijk en die ga ik binnekort proeven, een
heel andere smaak dan de franse!
Dit betekent dat het land afrika in zijn/haar hart heel goed is

en liefde respect en kracht voor iedereen

arno
Re: AAN DE ARNO'S [boodskap #14986 is 'n antwoord op boodskap #14925] Wo, 20 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"
>
>> Ek is seker Gloudina in Kanada en "sizwe" in die VSA sal jou steun in jou
>> poging en soortgelyke veldtogte in hul onderskeie lande op tou sit (miskien
>> ook Galjoen in Australië).
>>
>> Dit sal mos nou 'n goeie bewys wees dat jul reaksie op die dood van Angelina
>> nie rassisties gemotiveerd is nie, nie waar nie?
>
>
> Leendert, jy sit en wurg aan jou eie
> fabrikasies. Gaan terug en sien wat
> ek oor die insident geskryf het. Ek
> het gepraat oor die feit dat hierdie
> onbesonne daad en dood nou ongelukkig
> weer 'n ikoon geword het waaraan die
> wereld sy wantroue in die goeie inbors
> van die Afrikaner kan hang.

Jy het geskryf:

Hoe kan ek hierdie voorval probeer
toegooi?
Ongelukkig is hierdie soort voorvalle dit
wat ikone word en die naam van wit Suid-
Afrikaners weer voor die wereld bring as
ondiere.

> Hou op om
> intellektuele en emosionele masturbasie
> te pleeg oor Mandela se bywoning van
> 'n begrafnis en mutimoorde.

Aggeskuus, man! My intellek is ongelukkig onvoldoende om al die draaie te
volg en die teenstrydighede op te los wat jy maak in jou pogings om los te
kom uit jou eie rassevooroordeel.

> Wat probeer
> jy daardeur bereik? Al wat jou woorde
> skree is " ek haat mense."

Huh? Ek vra maar net dat moord op alle kinders dieselfde behandel moet word,
ongeag wie die moord pleeg. Op watter wyse kan dit hatig wees?

> Soek die
> antwoord vir die agonie in jou siel
> op jou knie"e, nie in die gifpen in
> jou hand nie.

Elizabeth Cady Stanton, 1890:
"The moment we begin to fear the opinions of others and hesitate to tell the
truth that is in us, and from motives of policy are silent when we should
speak, the divine floods of light and life no longer flow into our souls."

Sê my Gloudina, al die gewarra-warra hierbo. Beteken dit dat jy niks gaan
doen om die aandag te vestig op die lot van die slagoffertjies van
mutimoorde nie? En op die feit dat die regering meer aandag skenk aan een
kind wat deur 'n witte doodgemaak is nie?

Vriendelike groete, Leendert
Re: AAN DE ARNO'S [boodskap #15022 is 'n antwoord op boodskap #14925] Do, 21 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >

>> Elizabeth Cady Stanton, 1890:
>> "The moment we begin to fear the opinions of others and hesitate to tell the
>> truth that is in us, and from motives of policy are silent when we should
>> speak, the divine floods of light and life no longer flow into our
> souls."
>
> Presies, Leendert. Dis daarom wat dit in SA
> vir veertig jaar baie donker was. Omdat ek
> en jy stilgebly het.

Oor my spreke al dan nie weet jy niks, Gloudina.

Maar ek is geensins verras om te vind dat _jy_ stilgebly het nie. Dit
verklaar jou traagheid om nou jou stem te verhef teen die
menseregteskendings wat onder die nuwe regering plaasvind.

Maar dit regverdig dit nie.

In teendeel - ek sou reken dat dit op jou 'n soveel groter las lê om te
verseker dat menseregteskendigs uit die verlede nie herhaal word nie.

>>
>> Sê my Gloudina, al die gewarra-warra hierbo. Beteken dit dat jy niks gaan
>> doen om die aandag te vestig op die lot van die slagoffertjies van
>> mutimoorde nie?
>
> Het jy hierdie groot taak op jouself geneem
> voor 1994, of het dit eers nou op jou
> program gekom.

Voor '94, Gloudina, sou 'n fokus op die praktyk van muti-moord bloot beskou
word as 'n rasionalisering van apartheid. Ons sien dit selfs nou nog in
Artuur se skeptisisme oor die blote bestaan daarvan, en uit jou en "sizwe"
se reaksie dat dit "rassisties" is om die onderwerp enigsins op te haal.

In die NSA is daar, natuurlik, nog diegende soos jy en "sizwe" wat die moord
op kinders deur swartmense probeer toesmeer omdat dit nie pas by julle
politieke agenda nie. Maar in die NSA is dit, anders as tevore, maklik om te
wys watter morele bedrog julle daarmee pleeg.

>
> En op die feit dat die regering meer aandag skenk aan een
>> kind wat deur 'n witte doodgemaak is nie?
>
> Ek dink jy is 'n infame leuenaar. Die regering
> gee wel aandag daaraan.

Dat die regering daaraan aandag gee het ek nie ontken nie. Ek is dus nie die
leuenaar waarvoor jy my uitmaak nie.

Maar die regering gee nie naastenby soveel aandag en prominensie daaraan as
wat hulle gee aan die een geval van Angelina nie. Want daar is vir hulle
geen politieke wins in nie.

Dit is dieselfde skynheilige inhaligheid wat onaanvaarbaar was van baie
maghebbers onder die vorige regering, Gloudina.

> Maar jy skryf hierdie
> galafbraaksels, nie omdat jy treur oor muti-
> moorde nie, maar omdat Mandela vir jou kwaad
> gemaak het.

Wel, die rede waarom Mandela my kwaad gemaak het was juis omdat hy
gedemonstreer het dat hy bereid is om oor 'n dooie kind te treur slegs as sy
trane in stemme omskep kan word. En die gal wat ek hier afbreek het sy
ontstaan juis in daardie bedrog van Mandela.

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Kan iemand my help? Ja
Volgende onderwerp: Re: New Castle, DE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 12:37:25 MGT 2024