| verdikking [boodskap #149262] |
Vr., 22 Augustus 2025 07:21 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24165 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verdikking
Afbreking: ver•dik•king
Samestelling: verdik + -ing
Selfstandige naamwoord: verdikking
Meervoud: verdikkinge, verdikkings
Verkleinwoord: verdikkinkie
Meervoud van verkleining: verdikkinkies
Betekenis:
• 'n Plek waar iets dikker is, of dikker word.
Gebruik:
• 'n Eelt is 'n verdikking van die opperhuid.
• Die angiogram wys verskeie verdikkings van die koronêre are.
Sinoniem:
• bult
• knobbel
• knoets
• knop
• stolling
• swelling
Antoniem:
• verdunning
Hiponiem:
• aarverdikking
• oogverdikking
• slagaarverdikking
• velverdikking
Afgelei:
• verdikkingslaag
• verdikkingsmiddel
• verdikkingspunt
Vertaling:
Engels: thickening, coagulation
Nederlands: verdikking
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|