| terugkaats [boodskap #149261] |
Vr., 22 Augustus 2025 07:04 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24165 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
terugkaats
Afbreking: terug•kaats
Samestelling: terug + kaats
Werkwoord: kaats terug, terugkaats
Verlede tyd: het teruggekaats
Teenwoordige deelwoord: terugkaatsend, terugkaatsende
Verlede deelwoord: teruggekaatste
Betekenis:
• Om te bots en teruggegooi te word.
Gebruik:
• 'n Spieël kaats die lig terug.
• Die bal het die paal getref en teruggekaats.
Sinoniem:
• reflekteer
• terugbons
• terugspieël
• weerkaats
• weerklink
• weerspieël
Afgelei:
• terugkaatser
• terugkaatsing
Vertaling:
Engels: to throw back, rebound; to reflect
Nederlands: terugkaatsen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|