Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » drinker
drinker [boodskap #149247] Do., 21 Augustus 2025 09:18
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24168
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
drinker
Afbreking: drin•ker
Samestelling: drink + -er


Selfstandige naamwoord: drinker
Meervoud: drinkers
Verkleinwoord: drinkertjie
Meervoud van verkleining: drinkertjies

Betekenis:
• Iemand wat iets drink.
• Persoon wat alkohol gebruik (dikwels in oormaat).

Gebruik:
• Muskiete is drinkers van bloed.
• Hy is 'n strawwe drinker en slaan sy vrou elke dag.

Sinoniem:
• alkoholis
• dopsteker
• drinkebroer
• dronklap
• kroegloper
• suiplap

Hiponiem:
• alkoholdrinker
• bierdrinker
• bloeddrinker
• gewoontedrinker
• jenewerdrinker
• kwartaaldrinker
• melkdrinker
• spiritusdrinker
• teedrinker
• wyndrinker

Vertaling:
Engels: drinker; boozer, drunkard
Nederlands: drinker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pynstillend
Volgende onderwerp: loperig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 23 07:37:50 UTC 2025