| behoeftige [boodskap #149239] |
Wo., 20 Augustus 2025 19:18 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
behoeftige
Afbreking: be•hoef•ti•ge
Samestelling: behoeftig + -e
Selfstandige naamwoord: behoeftige
Meervoud: behoeftiges
Betekenis:
• 'n Persoon wat behoeftig (baie arm) is.
Gebruik:
• Die sopkombuis voorsien kos aan behoeftiges in die gemeenskap.
Sinoniem:
• arme
• armlastige
• armoedige
• bedelaar
• hulpbehoewende
Vertaling:
Engels: needy person
Nederlands: behoeftige
Byvoeglike naamwoord: behoeftig
Attributief: behoeftige
Betekenis:
• Attributiewe vorm van behoeftig. Wat arm is en gebrek ly.
Gebruik:
• Ons samel klere vir behoeftige gesinne in.
Vertaling:
Engels: needy
Nederlands: behoeftige
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|