| sterreteken [boodskap #149225] |
Wo., 20 Augustus 2025 07:31 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sterreteken
Afbreking: ster•re•te•ken
Samestelling: sterre + teken
Selfstandige naamwoord: sterreteken
Meervoud: sterretekens
Verkleinwoord: sterretekentjie
Meervoud van verkleining: sterretekentjies
Betekenis:
• Die astrologiese teken van die diereriem waarin die son was toe iemand gebore is, wat blykbaar sy persoonlikheid sou bepaal.
Gebruik:
• As jy van 21 Junie tot 22 Julie gebore is, is jou sterreteken die Kreef.
• Daar is 12 sterretekens, naamlik: die Ram, Bul, Tweeling, Kreef, Leeu, Maagd, Weegskaal, Skerpioen, Boogskutter, Steenbok, Waterdraer en Visse.
Vertaling:
Engels: star sign, zodiac sign
Nederlands: sterrenbeeld
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|