| rysmiddel [boodskap #149215] |
Di., 19 Augustus 2025 12:20 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rysmiddel
Afbreking: rys•mid•del
Samestelling: rys + middel
Selfstandige naamwoord: rysmiddel
Meervoud: rysmiddels
Betekenis:
• 'n Stof wat deeg laat rys (sodat dit ligter, lugtiger en groter in volume word).
Gebruik:
• Die brood het nie goed gerys nie, waarskynlik omdat ek te min rysmiddel gebruik het.
• Bakpoeier en suurdeeg is rysmiddels.
Sinoniem:
• rysagent
Vertaling:
Engels: raising agent, aerater
Nederlands: rijsmiddel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|