Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bereiding
bereiding [boodskap #149205] Di., 19 Augustus 2025 09:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24291
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bereiding
Afbreking: be•rei•ding
Samestelling: berei(d) + -ing


Selfstandige naamwoord: bereiding
Meervoud: bereidinge, bereidings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van berei (aanmaak of klaarmaak).

Gebruik:
• Die bereiding van ertjiesop is 'n langdurige proses.
• Hierdie salf is 'n natuurlike bereiding vir velirritasies.

Hiponiem:
• botterbereiding
• ertsbereiding
• gasbereiding
• geneesmiddelebereiding
• glasbereiding
• indigobereiding
• kaasbereiding
• kakaobereiding
• kantbereiding
• laboratoriumbereiding
• leerbereiding
• papbereiding
• suiwelbereiding
• toebereiding
• vleisbereiding
• voedselbereiding
• voorbereiding

Afgelei:
• bereidingstyd
• bereidingswyse

Vertaling:
Engels: preparation
Nederlands: bereiding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rampgebied
Volgende onderwerp: Skandinawies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Jan. 12 17:04:51 UTC 2026