| alte [boodskap #149202] |
Ma., 18 Augustus 2025 18:20 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24308 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
alte
Afbreking: al•te
Samestelling: al + te
Bywoord: alte
Betekenis:
• Baie; beslis.
Gebruik:
• Dis alte lekker!
• Dit is maar alte waar.
• Ons sal alte graag help.
Spreekwoord:
• Alte goed is andermansgek. [As jy te goedhartig is, word jy bespot.]
Vertaling:
Engels: too, only too
Nederlands: alte
Selfstandige naamwoord: alt
Meervoud: alte
Betekenis:
• Meervoud van alt ('n lae vrouestem, of 'n vrou met so 'n stem).
Gebruik:
• Hoeveel alte sing in die koor?
Vertaling:
Engels: altos
Nederlands: alten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|