| periodies [boodskap #149200] |
Ma., 18 Augustus 2025 16:13 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
periodies
Afbreking: pe•ri•o•dies
Samestelling: periode + -ies
Byvoeglike naamwoord: periodies
Attributief: periodiese
Betekenis:
• Wat van tyd tot tyd weer gebeur; met gereelde tussenposes.
Gebruik:
• Die swembad se sandfilter moet periodies teruggespoel word om dit skoon te hou.
• Die Huisgenoot is 'n periodiese publikasie wat weekliks verskyn.
Sinoniem:
• episodies
• gereeld
• periodiek
• reëlmatig
Antoniem:
• aperiodies
Verwant:
• uurliks
• weekliks
• maandeliks
Vertaling:
Engels: periodic, periodically
Nederlands: periodiek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|