| artistiek [boodskap #149170] |
So., 17 Augustus 2025 08:20 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
artistiek
Afbreking: ar•ti•stiek
Byvoeglike naamwoord: artistiek
Attributief: artistieke
Betekenis:
• Wat op kuns en kreatiwiteit betrekking het, of van goeie smaak getuig.
Gebruik:
• Die klavierkonsert was skitterend en artistiek veelsydig.
• Artistieke werke bestaan al amper so lank soos die mensdom self.
Wisselvorm:
• artisties
Sinoniem:
• begaaf
• esteties
• kreatief
• kunsryk
• kunssinnig
• kunstig
• kunsvaardig
• kunsvol
• mooi
• sierlik
• skeppend
Antoniem:
• onartistiek
Afgelei:
• artistiekerig
Vertaling:
Engels: artistic
Nederlands: artistiek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|