| harnas [boodskap #149157] |
Sa., 16 Augustus 2025 10:25 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
harnas
Afbreking: har•nas
Selfstandige naamwoord: harnas
Meervoud: harnasse
Verkleinwoord: harnassie
Meervoud van verkleining: harnassies
Betekenis:
• Beskermende klere, meestal van metaal.
• Die tuig waarmee 'n mens of dier ingespan of ingegespe word.
Gebruik:
• Die ridder trek sy harnas aan en gryp sy swaard.
• Die hondjie se eienaar sit vir hom 'n harnas aan voordat hulle gaan stap.
Spreekwoord:
• Iemand die harnas injaag. [Iemand kwaad maak.]
Sinoniem:
• borsplaat
• pantser
• tuig
Hiponiem:
• borsharnas
• ontstekingsharnas
• perdeharnas
• veiligheidsharnas
Afgelei:
• harnasmaker
• harnasplaat
Vertaling:
Engels: harness, armour, plate armour
Nederlands: harnas
Werkwoord: harnas
Verlede tyd: het geharnas
Betekenis:
• Om beskermende klere aan te trek (inspan of optuig).
Gebruik:
• Die hondjie se eienaar het hom vir die staptog geharnas.
Vertaling:
Engels: to harness
Nederlands: harnassen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|