| transistor [boodskap #149155] |
Sa., 16 Augustus 2025 08:17 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Transistor het drie aansluitings, 'n basis, emittor en kollektor.
transistor
Afbreking: tran•sis•tor
Selfstandige naamwoord: transistor
Meervoud: transistors
Verkleinwoord: transistortjie
Meervoud van verkleining: transistortjies
Betekenis:
• 'n Halfgeleier wat elektriese stroom versterk of die vloei daarvan beheer.
Gebruik:
• Die transistor is die voorloper van die geïntegreerde stroombaan en derhalwe 'n boublok van die rekenaar, selfoon en die internet.
Sinoniem:
• kristalversterker
Hiponiem:
• buistransistor
• mesatransistor
• sypeltransistor
• tafelkoptransistor
• veldeffektransistor
• voegtransistor
Afgelei:
• transistorradio
• transistortoestel
Vertaling:
Engels: transistor
Nederlands: transistor
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|