| leenheer [boodskap #149150] |
Vr., 15 Augustus 2025 18:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
leenheer
Afbreking: leen•heer
Samestelling: leen + heer
Selfstandige naamwoord: leenheer
Meervoud: leenhere
Verkleinwoord: leenheertjie
Meervoud van verkleining: leenheertjies
Betekenis:
• Persoon wat iets uitleen (histories 'n vors wat land in ruil vir trou aan 'n leenman leen).
Gebruik:
• Die koning is gedwing om die pous as sy feodale leenheer te erken nadat die pous die Franse koning aangespoor het om Engeland aan te val.
Sinoniem:
• landheer
Antoniem:
• leenman
• vasal
Hiponiem:
• agterleenheer
• opperleenheer
Vertaling:
Engels: feudal lord, liege lord, thegn
Nederlands: leenheer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|