Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mondstuk
mondstuk [boodskap #149106] Ma., 11 Augustus 2025 18:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24136
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mondstuk
Afbreking: mond•stuk
Samestelling: mond + stuk


Selfstandige naamwoord: mondstuk
Meervoud: mondstukke
Verkleinwoord: mondstukkie
Meervoud van verkleining: mondstukkies

Betekenis:
• Deel van 'n blaasinstrument wat teen die lippe gehou word.
• Iets wat in of teen die mond gehou word.
• 'n Woordvoerder; iemand wat namens 'n ander praat.

Gebruik:
• 'n Blokfluit met ses gaatjies en 'n mondstuk.
• 'n Telefoon het 'n mondstuk en 'n gehoorstuk.
• Die koerant was die mondstuk van die Republikeinse Party.

Hiponiem:
• klarinetmondstuk

Vertaling:
Engels: mouth-piece
Nederlands: mondstuk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skryfwyse
Volgende onderwerp: konsumpsie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Des. 18 21:30:36 UTC 2025