Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sononder
sononder [boodskap #149104] Ma., 11 Augustus 2025 16:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24155
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sononder
Afbreking: son•on•der
Samestelling: son + onder


Selfstandige naamwoord: sononder
Meervoud: sononders
Verkleinwoord: sononderjie
Meervoud van verkleining: sononderjies

Betekenis:
• Die verdwyning van die son in die aande.

Gebruik:
• Ons het elke dag van sonop tot sononder geswem.
• Hulle het op die stand gaan sit om na die sononder te kyk.

Sinoniem:
• skemeraand
• sonsondergang

Antoniem:
• sonop

Vertaling:
Engels: sunset, sundown
Nederlands: zonsondergang

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hoofmaal
Volgende onderwerp: skryfwyse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 20 19:53:56 UTC 2025