Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voetsoldaat
voetsoldaat [boodskap #149085] So., 10 Augustus 2025 09:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voetsoldaat
Afbreking: voet•sol•daat
Samestelling: voet + soldaat


Selfstandige naamwoord: voetsoldaat
Meervoud: voetsoldate
Verkleinwoord: voetsoldaatjie
Meervoud van verkleining: voetsoldaatjies

Betekenis:
• 'n Soldaat wat te voet veg; 'n lid van 'n infanterieregiment.
• (figuurlik) Persoon wat die grondwerk doen.

Gebruik:
• Die generaal het die een voetsoldaat na die ander as kanonvoer in die slagveld ingestuur.
• Die party stuur hulle voetsoldate uit om stemme te werf.

Sinoniem
• infanteris
• stapsoldaat

Vertaling:
Engels: foot soldier, infantryman
Nederlands: voetsoldaat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wegvoer
Volgende onderwerp: dikkerig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 16 22:19:02 UTC 2025