Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » timmer
timmer [boodskap #149078] So., 10 Augustus 2025 08:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24136
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
timmer
Afbreking: tim•mer


Werkwoord: timmer
Verlede tyd: het getimmer
Teenwoordige deelwoord: timmerend, timmerende
Verlede deelwoord: getimmerde

Betekenis:
• Om produkte van hout met 'n hamer en spykers te maak.
• Om aanhoudend en tot vervelens te kap, klop of te slaan.

Gebruik:
• Hy timmer vinnig kot vir die baba aan mekaar.
• Die buurman timmer al heeldag in sy garage.

Spreekwoord:
• Iemand timmer nie hoog nie. [Iemand het nie baie verstand nie.]

Hiponiem:
• aantimmer
• aftimmer
• betimmer
• optimmer
• vertimmer

Afgelei:
• timmerasie
• timmerbok
• timmergereedskap
• timmerhout
• timmerman
• timmerwerf
• timmerwerk
• timmerwerker
• timmerwinkel

Vertaling:
Engels: to timber, do carpenter's work, build, construct; to hammer, pound
Nederlands: timmeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: timmerman
Volgende onderwerp: timmerasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Des. 18 19:31:31 UTC 2025