| koms [boodskap #149039] |
Do., 07 Augustus 2025 19:33 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
koms
Afbreking: koms
Samestelling: kom + -s
Selfstandige naamwoord: koms
Meervoud: komste
Betekenis:
• Die handeling van kom.
Gebruik:
• Kry jou gereed vir Jesus se koms.
• Met die koms van die reën is die droogte gebreek.
Sinoniem:
• aantog
Afgelei:
• aankoms
• afkoms
• binnekoms
• byeenkoms
• herkoms
• inkoms
• opkoms
• samekoms
• terugkoms
• toekoms
• tussenkoms
• tuiskoms
• uitkoms
• wederkoms
Vertaling:
Engels: arrival, coming, advent
Nederlands: komst
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|