Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uiting
uiting [boodskap #149026] Do., 07 Augustus 2025 12:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uiting
Afbreking: ui•ting
Samestelling: uit + -ing


Selfstandige naamwoord: uiting
Meervoud: uitinge, uitings
Verkleinwoord: uitinkie
Meervoud van verkleining: uitinkies

Betekenis:
• Die manier waarop 'n gevoel, gedagte of opinie sigbaar, hoorbaar of merkbaar gemaak word.

Gebruik:
• Kuns is 'n uiting van kreatiwiteit.
• Haar stilte was 'n duidelike uiting van ontevredenheid.

Sinoniem:
• artikulasie
• betoning
• betuiging
• ekspressie
• mening
• ontboeseming
• openbaring
• teken
• uitdrukking
• uitlating
• uitspraak

Hiponiem:
• gedragsuiting
• gemoedsuiting
• gevoelsuiting
• kunsuiting
• loftuiting
• meningsuiting
• selfuiting
• taaluiting
• wilsuiting

Vertaling:
Engels: expression, utterance
Nederlands: uiting

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kg
Volgende onderwerp: beskermend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 17 04:06:43 UTC 2025