| begroei [boodskap #148995] |
Wo., 06 Augustus 2025 08:35 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
begroei
Afbreking: be•groei
Samestelling: be- + groei
Werkwoord: begroei
Verlede tyd: het begroei
Betekenis:
• Om oral oor te groei.
Gebruik:
• En sy paleise word begroei met dorings, brandnekels en distels sal in sy vestings wees. [Jesaja 34:13]
Sinoniem:
• bedek
• toegroei
Afgelei:
• begroeiing
Vertaling:
Engels: to overgrow
Nederlands: begroeien
Byvoeglike naamwoord: begroei, begroeid
Attributief: begroeide
Betekenis:
• Wat ruig en oral met groei bedek is.
Gebruik:
• Hy kap die dig begroeide paadjie oop.
Hiponiem:
• bosbegroeid
• struikbegroeid
Afgelei:
• begroeidheid
Vertaling:
Engels: overgrown
Nederlands: begroeid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|