Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gesteldheid
gesteldheid [boodskap #148971] Ma., 04 Augustus 2025 15:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24307
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gesteldheid
Afbreking: ge•steld•heid
Samestelling: gesteld + -heid


Selfstandige naamwoord: gesteldheid
Meervoud: gesteldhede

Betekenis:
• Die staat of toestand waarin iets of iemand verkeer.
• Die mate waarin iemand op iets ingestel is (daarvoor omgee).

Gebruik:
• Die perd se fisiese gesteldheid het verbeter en hy het weer begin oefen.
• Haar gesteldheid op netheid sal my altyd bybly.

Sinoniem:
• disposisie
• kondisie
• konstitusie
• omstandigheid
• situasie
• staat
• stand
• toestand
• welstand

Hiponiem:
• bodemgesteldheid
• geestesgesteldheid
• geestesongesteldheid
• gemoedsgesteldheid
• grondgesteldheid
• klimaatsgesteldheid
• liggaamsgesteldheid
• luggesteldheid
• sielsgesteldheid
• teëgesteldheid
• teengesteldheid
• terreingesteldheid
• weersgesteldheid
• welgesteldheid

Antoniem:
• ongesteldheid

Vertaling:
Engels: condition, predisposition, nature, character, state
Nederlands: gesteldheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kubiek
Volgende onderwerp: genetika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Jan. 15 16:27:25 UTC 2026