| naaldwerk [boodskap #148964] |
So., 03 Augustus 2025 19:20 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24298 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
naaldwerk
Afbreking: naald•werk
Samestelling: naald + werk
Selfstandige naamwoord: naaldwerk
Meervoud: naaldwerke
Verkleinwoord: naaldwerkie
Meervoud van verkleining: naaldwerkies
Betekenis:
• Die werk wat met 'n naald en gare gedoen word.
Gebruik:
• Die dames het in hulle vrye tyd naaldwerk gedoen wat by byeenkomste vir welsyn verkoop is.
Wisselvorm:
• naaldewerk
Hiponiem:
• borduurwerk
• breiwerk
• hekelwerk
• kantwerk
• naaiwerk
• omsoming
• stikwerk
Afgelei:
• naaldwerkkursus
• naaldwerksakkie
• naaldwerkstel
• naaldwerkster
Afkorting:
• naaldw.
Vertaling:
Engels: needle-work, sewing
Nederlands: naaldwerk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|