| samekoms [boodskap #148957] |
So., 03 Augustus 2025 16:10 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
samekoms
Afbreking: sa•me•koms
Samestelling: same (saam) + koms
Selfstandige naamwoord: samekoms
Meervoud: samekomste
Verkleinwoord: samekomsie
Meervoud van verkleining: samekomsies
Betekenis:
• 'n Geleentheid waar mense vergader of bymekaar kom.
• Die plek waar twee paaie, riviere, ens. bymekaar kom.
Gebruik:
• Die werknemers is gevra om die maatskappy se maandelikse samekomste by te woon.
• Die pad is gesluit weens die water wat by die samekoms van die riviere oor die brug vloei.
Sinoniem:
• byeenkoms
• funksie
• geleentheid
• konferensie
• kongres
• makietie
• okkasie
• onthaal
• ontmoeting
• partytjie
• saamkoms
• saamtrek
• seminaar
• sitting
• vergadering
Vertaling:
Engels: get-together, gathering, meeting, assembly; junction, intersection
Nederlands: samenkomst, bijeenkomst
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|